Goeie Bure

Ons twee lande, Suid-Afrika en Rhodesië, is vir jare al goeie bure. Net soos in die geval van Kanada en Amerika, is die grens tussen Suid-Afrika en Rhodesië een van die min grense in die wêreld, waar nóg die een nóg die ander buurstaat daaraan sal dink om die gemeenskaplike grens te fortisifiseer nie.

Inderdaad is die Limpopo nie ‘n skeidslyn tussen ons nie, want ons Lande is verbind deur opregte vriendskap en gemeenskaplike belange.

Rhodesië het op 11 November. 1965, ‘n soewereine onafhanklike Staat geword, en, vanaf  daardie datum moes die Rhodesiese volk ‘n verbete stryd voer teen onge-ëwenaarde aanvalle van naganigheid en venynigheid. Ons oormeester hierdie beproewing en ons oorwinning in is gesig.

Suid-Afrikaanse petrolgeskenk kom in Salisbury aan.

.

Dit is derhalwe paslik dat ons op hierdie tydstip ons blywende dankbaarheid ann Suid-Afrika betuig.

In alle opregtheid sê ons, „Dankie, Almagtige God, vir ‘n Suid-Afrika”.

Meer as twee jaar gelede het ons Eerste Minister in Salisbury verklaar: „As ons beter vriende het as Suid-Afrika en sy mense, wil ek graag weet wie hulle is!”

Suid-Afrikaners het al herhaaldelik die juistheid van mnr. Ian Smith se woorde bewys, en in hierdie moeilike dae is dit ‘n wonderlike troos vir ons mense om te weet dat ons nie alleen staan nie.

Ons verklaring op die 11de November, 1965, het ‘n tydperk van onsekerheid, twyfel en diepe verydeling beëindig. Die het beteken dat Rhodesië nie meer enige vreemde opperheerskappy aanvaar het nie; dat ‘n klein staat bereid was om sy geregtelike erfenis tot die uiterste toe te verdedig indein nodig. Om ons vryheid en ons soewereine onafhanklikheid te behou, sal ons Rhodesiërs enige prys betaal.

Die Eerste Minister, Mnr. Ian Smith, ontvang die motor wat deur ‘n Suid-Afrikaanse firma ann hom geskenk is.

.

Die storie van ons onafhanklikheid begin  eintlik in 1923 toe Rhodesië selfregerend geword het. Vir meerr as 75 jaar al skep ons ‘n geskiedenis gekenmerk deur vooruitgang, stabiliteit, geregtigheid en ordelike regering. Soos in die geval van Suid-Afrika, is skole, mediese dienste, spoorweë, paaie, kerke, pragstede, behuising, fabrieke en nywerhede, tegniese en lanbou kollges en onderwyssetels geskep – al die kenmerke van ‘n moderne vooruitstrewende staat.

Net soos die Voortrekkers die fondamente van ‘n moderne Suid-Afrika in die wilde, onbekende woesterny van toenteryd gebou het, het ook ons die fondamente van ‘n groot land in die onbekende, ruwe bosveld uitgekap. ‘n Staat is gestig wat deur vele beny is; ten noorde van ons kon geen sttat ons prestasies op die gebied van volkswelsyn, ekonomiese vooruitgang en blywende, ordelike regering ewenaar nie.

Dit is ons erdeel en niemand sal ons daarvan beroof nie.

Rhodesiërs koop Onafhanklikheidseffekte van Mnr. J.J. Wrathall, Minister van Finansies.

.

In ‘n uitgawe soos hierdie is dit nie moontlik om puntgewyse die voorvalle aan te haal wat tot ons onafhanklikheid gelei het nie; nog minder is dit nodig om dit voor ons Suid-Afrikaanse vriende te regverdig, want hulle weet heel goed dat daar ‘n tydstip kom wanneer ‘n nasie rotsvas moet staan.

Ons het ons stand geneem in November, 1965, en ons is besig om te wen.  Die sanksies wat teen ons geprakseer word, is ‘n groot las, maar geleidelik word hulle, met die behulp van ons vriende, oorwin. Ons ontken nie dat geweld aan ons ekonomie gepleeg is nie. Hierdie knoue was deel van ‘n bomenslike poging om ons ekonomies op ons knieë te bring, maar hul sal nie met skses bekroon word nie.

Wat die voorvegters van die sanksies werlik gedoen het, is om wonderlike, tot nog toe ongehoorde sakevooruitsigte te skep vir diè wat die wysheid het om van die gellenheid beburik te maak en dit is nou orrsaak van ‘n vergrote handelsbedryf tussen die Republiek en Rhodesië. Ons vertroue is dat diè handelsbetrekkinge nog meer sal aanwasin die dae wat voorlê.

‘n „Dank-sê” soentjie vir een van die Boere wat petrol-geskenke vir Rhodesië gebring het.

.

Ons ly gewis onder sanksies – dus is ons harlik dankbaar vir al diegene wat ons btstand verleen het in ons noodstond, vernaamlik die Suid-Afrikaners. Ons weg is nog gladnie maklik nie, maar ons sal slaag. Ekonomies word Rhodesië elke dag sterker. Ons meet dat wanneer hulle verval deur onuitgesproke toestemming, ons sal verrys, weliswaar nie ongeskonde nie, maar meer self-standig as ooit tevore.

In die jare wat voorlê, sal ons altyd ons vriende onthou.

.

Hierdie artikel was oorspronklik uitgegee in 1966.